WELSYN

Ons ondersteun die sorgbehoewende lidmate in ons gemeente deur kospakkies en skenkings van donateurs soos benodig.

Weens die uitstekende  werk wat ons by Shopright, Lyttelton doen, het 

Shopright Valhalla ons ook genader .

IMG-20141212-WA017

 

VEK se Welsyn Departement stel graag aan jou bekend ons:

“PAY IT FORWARD” CAMPAIGNE:

“Was jy al ooit moeg, honger, oorwerk, koud, alleen, bekommerd en siek alles op die selfde tyd?

Klink amper onmoontlik as mens dit so lees ne?

Maar glo my! Dit is NIE onmoontlik nie!

Het jy enige idea wat kruip agter jou bure se hoe mure weg? Of wat le verskuil in die hartjie van die klein en tingerige dogtertjie met die vaal haartjies wat jy elke dag sien as jy jou kindjie by die skool aflaai?

Of kyk jy weg, en groet jou kind met sy blink gewaste haartjies, en sy helder skoon klere, met sy tassie vol heerlike lekkernye.

Asseblief. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ons is almal net mense. En ons almal het maar ons eie dinge om mee te stoei. Ons eie versteekte pyne en skete. Maar kan jy  glo dat met al jou eie probleme kan ‘JY wel ‘n verskil maak in iemand anders se lewe?

Dink jouself in as elkeen van ons net een brood of een pak botter kan gee.

Gee’, nie omdat dit van ons verwag word deur die kerk nie, maar ‘Gee want dit is wat Jesus sou doen!

Dink net as ons vir een oomblik vergeet van al ons eie sorge en alles net so vir God gee. Ons God wat sit en wag. net vir ‘jou en vir ‘my. Ons God by wie Alles moontlik is!

Moet nie dat die duiwel in jou oor kom fluister en jou tyd steel met sy nonsense nie. Hy weet reeds wat is sy einde. Maar JY kan vandag ‘n besluit neem om JOU eindbestemming in die hande van God te sit.

As iemand my vra oor of iets ‘Reg of ‘Verkeerd is dan is my antwoord altyd dieselfde..

“Sou jy dit steeds doen as Jesus hier in die Vlees langs jou gestaan het.?”

Ek het eers altyd as ek aan die ellende daarbuite gedink het, bitter hartseer en bitter kwaad geword, want na my mening kon ek net eenvoudig nie verstaan hoe op aarde God dit kon toelaat nie? Maar dit was toe ek nog met my ‘menslike brein gedink het en nie met my ‘geestelike brein nie!

God het ‘n plan vir elkeen van ons. Hoe belangrik of hoe nietig ookal “Jou ‘Journey” se bydrae  daartoe is, is nie van belang nie. maar dat jy wel by die eindbestemming aankom, en reguit in die Hemel Poorte instap is WEL van belang.

Ek doen nou ‘n beroep op jou. waar jy jouself ookal nou bevind. Asb gee! Dis al! Gee net ‘n stukkie van wat jy het. Ons Welsyn sal sorg dat dit by die mensies uitkom wat hulleself in bittere nood bevind. Mense wat so stukkend is van die lewe se stote en stampe dat hulle al amper alle rigting en hoop verloor het.

Ek,  vra jou vandag uit my hart uit om te help! My hart wat Christus goed genoeg ge-ag het om hier te wees. Hierdie nou’ is al wat saakmaak! Die gisters van die verlede is verby vir ewig. Maar hierdie oomblik en al die oomblike vorentoe is waar die verskil le!

Dit sal absolutely awesome wees as jy ons vir ons Sondae Dienste sal kom join! As jy ons nie kan join nie, maar jy het ‘n hart van ‘Gee’ dan sal ek met die grootste liefde die Kos skenkings by jou kom optel, en sorg dat dit by ons honger Jesus-Maatjies uitkom.

As jy voel jy wil finansieel bydrae, dan kan jy met liefde ons kontak besonderhede op die webwerf kry en met die kerk in verbinding tree.

Ek bid dat God jou hart sal aanraak en dat jy die herlewing van Christus in jou siel sal ervaar en dat jy sal besluit om ‘n verskil te help maak!

Onthou altyd ‘n hand wat toe gevou is, bly ‘n ‘toe hand.

Maar ‘n hand wat oop is om te ‘Gee, sal ook terug ontvang, want dit is reeds OOP!

Een van my gunstelling Vroue leiers van ons tyd is ‘Joyce Meyer’.

Ek haal haar graag aan:

“I may not be where I need to be, but thank God I am not where I used to be!
I am ok, and I am on my way!”

Ek sien so uit daarna om met jou te gesels!

Baie dankie,

Seenwense,

“do not fear the journey, for your destination is assured by Our Almighty God!”